Hartlik welkom op ons VLU Noord Webblad. Met trots vertel ons u graag meer oor ons wonderlike vroue organisasie.
Doelstellings van VLU Noord
Ons poog om vroue op te hef en die geleentheid te bied om te groei as vrou in alle fasette sodat sy dit kan uitleef in haar gemeenskap en by haar gesin.
Ons is dinamiese dames wat ons op alle lewens terreine bekwaam.
VLU bied vir elke vrou ‘n ideale platvorm om haar tot haar volle potensiaal te kan ontwikkel en dan weer haar kosbare kennis aan haar mede VLU vriendinne te kan oordra.
Ons Missie
Ons bied die dames hoë kwaliteit programme aan waar hulle leersame kennis kan opdoen en hulself so kan bemagtig dat hulle hul plek volkome kan volstaan as bemagtigde en meelewende landsburgers en Tuisteskeppers.
Ons Visie
Die VLU is ‘n opvoedkundige vroue organisasie wat volwasse vroue met dieselfde waardes elke geleentheid bied om as vrou te groei en haar toe te rus sodat sy daadwerklik ‘n bydrae kan lewer tot die ontwikkeling van ons land.
Lidmaatskap
Lidmaatskap is oop vir vrou bo 14 jaar, in die Limpopo provinsie, wat hulle aan die bepalings van die grondwet van die Organisasie onderwerpe. Ons is ‘n nie- politiese en nie- sektariese organisie.
Samestelling
VLU Noord bestaan uit drie streke naamlik: Bosveldstreek, Koraalstreek en Soetdoringstreek. Die streke is weer onderverdeel in verskeie takke.
Taal
Die amptelike voertale van die VLU Noord is Afrikaans en waar nodig Engels.
Affiliasie
VLU Noord is geaffilieer by Suid-Afrikaanse Vroue Landbou Unie.
Amptelike mondstuk
Die Kremetart is VLU Noord se amptelike mondstuk en word 2 keer per jaar uitgegee.
Werksaamhede
Elke jaar behandel VLU Noord ʼn tema, projek, ʼn persoonlikheid van die jaar asook die bome van die jaar. En dan al om die ander jaar ʼn skrywer van die jaar en ʼn kunstenaar van die jaar en dan ook 6 studierigtings wat ingewerk word tydens byeenkomste.
Elke jaar is daar ook verskeie kompetisies ten einde die lede in staat te stel om hul talente te ontdek en vaardighede aan te leer.
Die drie streke hou elke jaar ʼn konferensie en saam hou die streke ʼn kongres gedurende Mei-maand.
SPESIALE DAE | SPECIAL DAYS
SAVLU-Dag: Kies enige dag gedurende September om spesiale aandag aan die oorkoepelende organisasie, die SAVLU, te gee (bv. nooi nie-lede vir ’n tee, hou ’n vasvra oor SAVLU, of hou spesiale fondsinsamelingsaksies).
VLU NOORD WELWILLENDHEIDSFONDS
Die opbrengs van die rente van die fonds word aan ’n verdienstelike organisasie uitbetaal. Takke nomineer organisasies by VLU Noord President.
Sluitingsdatum: 31 Maart van elke jaar.