Beoordelingsameroepster (TAK)

• Maak seker dat die inskrywingsboek vir punte daar is vir kompetisies.
• Inskrywingsvorm’s /boekies vir kompetisies.
• Sien toe dat alle kompetisie artikels behoorlik gesorteer en uitgestal word onder die korrekte afdeling.
• Noodsaaklikhede op kompetisietafel: bordjie, mes, teelepel, nat lappie en ‘n glas water.
• As daar baie artikels is kry hulp vir die beoordelaar. (Jy self kan help om net die vorm vir haar in te vul terwyl sy vir jou sê wat om te skryf. Jy mag glad nie praat nie, tensy sy vir jou iets vra.)
• Bevestig skriftelik met beoordelaresse minstens een maand voor die vergadering. Maak gebruik van bevestigingsbriewe verkrygbaar by sekretaresse, bel of e-pos.
• Vra na haar kostes, asook vir brandstof. Bespreek dit eers met voorsitster om te bepaal of dit nie te hoog is nie, en bevestig daarna u afspraak.
• Wanneer u die beoordelaar ontvang vra haar kilometer afstand sodat tesouriere die tjek kan voorberei.
• Ontvang self die beoordelaar en stel haar voor aan jul voorsitster.
• Na beoordeling en vergadering stel haar voor aan lede en vra haar om kommentaar te lewer oor artikels.
• Aan einde van die jaar, (Nov) kry die punte reg, gee aan voorsitster sodat die sertifikate gedoen kan word.
• Kry voorstelle van lede vir konferensie artikels wat September reeds ingedien moet word vir die volgende jaar se beplanning – in samewerking met bestuur word die nuwe kompetisielys opgestel.
• Reël vir miniskoue – ten minste 2 per jaar.
• Alle kompetisie-inskrywingsvorms (verkrygbaar by die laaste streeksvergadering) moet ingevul en vergesel word met die inskrywingsgelde na die streekbeoordelingsameroepster.
• Artikels wat nog nie middel Janauarie in is nie moet by die eerste streeksvergadering ingehandig word, maar die inskrywingsvorm moet reeds in wees met die inskrywingsgelde.

• Bederfbare artikels word die dag voor die konferensie ingehandig (of soos gereël vir beoordeling in elke streek), daardie artikels moet ook reeds ingevul wees op jou inskrywingsvorm met inskrywingsgelde, geen laat inskrywings gaan hanteer word nie..
• Bly in verbinding met jou streekbeoordelingsameroeper in verband met die Inligtingsdag.

Die saadjies van sukses

word in mislukkings gevind

– Vrouekeur

DIE STAPPE NA BEOORDELAAR

Stel VLU Noord se beoordelaarsameroeper in kennis dat jy graag die beoordelaarseksamen wil aflê. Sy sal reël dat jy opleiding ontvang deur ʼn opgeleide persoon.

Wat behels die opleiding?

1. Dit strek oor minstens twee dae en teorie – sowel as praktiese opleiding word gegee. Teorie-opleiding dek teorievraestel. Teoriewerk word uit die Handleiding vir Tentoonstellers en Beoordelaars geleer.
Die Praktiese opleiding behels:
i) Dat jy fisies die artikels/kledingstukke leer beoordeel.
– Die bewoording wat jy gebruik
– Die stelselmatige beoordeling van die artikels.
ii) Na afloop van die opleiding sal die kursusaanbieder ʼn vorm teken wat bevestig dat jy die teorie- sowel as die praktiese opleiding ontvang het. Hierdie vorm moet jou Aansoek om Eksamen te skryf, vergesel. Sy sal ook ses ander blanko strokies aan jou oorhandig.
2. Die plek van opleiding word so na aan jou as moontlik bepaal. Sou daar ʼn paar kandidate wees, word die opleiding op ʼn sentrale plek aangebied.
3. Die kostes daaraan verbonde word bepaal deur die plek van opleiding en deur wie die opleiding aangebied.
4. Nadat jy opleiding ontvang het, kan jy jou TEORIE-eksamen aflê.
5. Om jou PRAKTIESE eksamen af te lê, moet jy SES strokies hê wat deur ʼn gekwalifiseerde beoordelaar voltooi en geteken is.
6. Die voltooide en getekende strokies bekom jy deur ses keer in te sit by die beoordeling van artikels/kledingstukke. Jy beoordeel nie SELF nie.
7. Reël met die verskillende streekbeoordelaarsameroepsters om in te sit wanneer hul streek se artikels beoordeel word. ʼn Mini-skou kan ook gereël word. Reël dan met ʼn gekwalifiseerde beoordelaar om dit te beoordeel. Daar moet ten minste 10 artikels wees in die afdeling waarin jy wil kwalifiseer.
8. Wanneer jy die ses voltooide en getekende strokies het, mag jy jou praktiese eksamen aflê.

OM OP TE SOM

• Vir jou TEORIE-eksamen het jy net die vorm wat deur die kursusaanbieder geteken is, nodig en moet jy die spesifieke afdeling in die handleiding ken.
• Vir jou PRAKTIESE eksamen het jy nodig:
– Die vorm geteken deur die kursusaanbieder
– Die ses voltooide en getekende strokies
– ʼn Lêer (soos hieronder). Die lêer moet voor die praktiese eksamen by die provinsiale beoordelaarsameroepster ingehandig word.
9. Die lêer moet die volgende bevat:
• Die vorm dat jy opleiding ontvang het
• Die ses voltooide strokies dat jy by beoordeling ingesit het
• Beoordelaarskommentaarstrokies van artikels wat jy gemaak het in die spesifieke afdeling waarin jy eksamen gaan skryf. Die hoeveelheid kommentaarstrokies verskil van afdeling tot afdeling.
• Doen navraag by VLU Noord se beoordelaarsameroepster.

 EKSAMENS

1. Aansoeke vir die aflê van die eksamens moet voor die einde van April by die VLU Noord se Beoordelaarsameroepster wees. Vorms is by laasgenoemde beskikbaar.

2. Eksamens word gedurende die laaste week in Mei / eerste week van Junie geskryf.

3. Koste per vraestel word jaarliks vasgestel.

4. Slaagsyfer is 60% vir teorie en 65% vir prakties.
5. Teorie-eksamen se vraestel word na ʼn geloofwaardige persoon in jou dorp gepos en reëlings met hom/haar getref waar die vraestel geskryf gaan word. Vrae kom uit die Handleiding vir Tentoonstellers en Beoordelaars.

6. Praktiese eksamens word by hoofkantoor in Pretoria afgelê.

7. Vraestelle is drie ure lank.

8. Teorie-vraestelle word vanaf 9:00 tot 12:00 geskryf, praktiese vraestelle vanaf 14:00 tot 17:00.

9. Teorie- en praktiese vraestelle kan op dieselfde dag geskryf word, mits aan alle vereistes vir die aflê van die praktiese eksamen voldoen word.

10. Kandidate word ± ʼn maand ná die eksamens per brief van die uitslae verwittig.

11. Drie jaar nadat jy jou teorie-eksamen afgelê het, MOET jy jou praktiese eksamen aflê. Dit gee jou voldoende geleentheid om die ses strokies te bekom en die vereiste aantal artikels te maak en te laat beoordeel.

NEEM ASSEBLIEF KENNIS DAT JY NIE ‘N BEOORDELAAR IS AS JY NIE DIE BEOORDELAARSKURSUS GEHAD HET NIE, MAAR EERS AS JY JOU DIPLOMA HET!

Boeke uit druk

Beoordelaarswerkboek – Preservering

Kos en Kookkuns

© 2017 Copyright - VLU Noord