VLU Noord se Fondsinsamelings funksie
Breast & Bone Thabazimbi het saam VLU Noord n heerlike oggend gereel vir die dames in en om Thabazimbi. Dr Herman Fourie het die dames baie ingelig oor borskanker en die gevare om nie gou genoeg die kanker op te spoor. Marieka Du Toit Van heerden, skrywer en een vrou vertoning van” Daar is sand in my are” het n fantastiese vertoning gegee. Ria Strydom (vlu Noord President) het die dames gewys om hulle eie eetbare blinkertjies te maak en die mooiste koeke versier met chocolate. Corli Le Roux het gesing en die dames het dit vreeslik geniet. Die Setaria Klubhuis was gevul en dit was n baie suksesvolle oggend. Dankie Ria Strydom, Elmarie Human en Gerda Smith en julle spanne vir n heerlike oggend, en belangrikste dankie Vlu Noord.







