VLU NOORD – WELWILLENDHEIDSFONDS

Oorsprong van die Welwillendheidsfonds:
Die Welwillendheidsfonds is ’n integrale deel van die geskiedenis van die VLU. Na ontbondeling van die voormalige Transvaalse Vroue Landbou-Unie in 1995 ontvang VLU Noord ’n bruidskat. Die eerste Uitvoerende Bestuur van VLU Noord het besluit om ’n deel van die bruidskat te belê en die rente daarop aan te wend vir die begrote uitgawes van VLU Noord. Verder is besluit dat ’n deel van die rente-opbrengs jaarliks uitbetaal sal word aan ’n verdienstelike organisasie soos genomineer deur die takke.

Sluitingsdatum:
Nominasies moet by die streekvoorsitter ingehandig word, voor 15 November van elke jaar sodat die nominasie aan die president deurgegee kan word op 30 November. Nominasies word aan VLU Noord se UB gedurende Desember deurgegee sodat die UB met die Januarie-vergadering sinvol aandag kan gee aan die nominasies.

Formaat van nominasies:
Onthou die skriftelike motivering is die basis waarop beoordeling plaasvind. Sorg dus dat jul soveel as moontlik inligting oor jul kandidaat instuur. Power Point, nominasies is ook aanvaarbaar en kan uiteindelik ook by Kongres aan die kongresgangers gewys word.

Die volgende punte sal in aanmerking geneem word met die toekenning van die

Welwillendheidsfonds:

Die instansie waarvoor daar aansoek gedoen word, moet Verruimend, Opvoedkundig en Opheffend van aard wees;
Die Persoon|Instansie moet ʼn wesenlike bydrae lewer aan die gemeenskap op die gebiede soos saamgevat in die VLU Noord studierigtings.

Geen laat nominasies sal aanvaar word nie.
U NOMINASIES WORD INGEWAG. STERKTE!!!!

© 2017 Copyright - VLU Noord