Ons beskik almal oor unieke en

belangrike vermoëns. Dit is ons voorreg

en avontuur om ons eie spesiale lig te ontdek.

-Evelyn Dunbar

Vroue Landbou Unie Noord het ontstaan met die ontbondeling van die Transvaalse Vroue Landbou Unie 1 Okt.1995. Die takke is wyd versprei in die Limpopo Provinsie vanaf Hoedspruit tot Ellisras, Musina tot Settlers.

Ons is trots op ons embleem.

Die Simboliek verbonde aan die VLU-embleem:

Ovaal skild:   Verteenwoordig die vrou.

Kremetartboom:  Eie aan Limpopo en simboliseer die sterkte, standvastigheid, missie en visie van ons organisasie.

Lacy-knoop:  ’n Knoop of verbinding wat nooit ophou nie en die verbinding word  nooit verbreek nie.

Dit verteenwoordig die studierigtings, wat rigting gee.

Kleure:

Groen          –        Lewe

Blou             –        Oorgeërf van die TVLU

Goud            –        Die rykdom en sterkte van ons organisasie

Ontwerpers:       Marthie Pauer en Ria Jansen

Inspirerend – Opvoedkundig – Avontuurlik – Kreatief

VLU Noord se 6 studierigtings is:

Aktuele Sake,

Kultuur,

Landbou en Tuinbou,

Kreatiwiteit,

Gesondheid en

VLU ons eie.

VLU Noord se embleem is heraldies geregistreer.

Die Kremetart is VLU Noord se eie tydskrif wat 2 keer ’n jaar verskyn, met ʼn Redaksiespan wat bestaan uit die drie streke se skakelbeamptes, provinsiale skakelbeampte en die president.

kremetart@vlunoord.co.za

Advertensies is baie welkom en VLU Noord se tariewe is baie billik.

Uitvoerende Bestuur

Eerste Uitvoerende bestuur.

VAN LINKS NA REGS:

2de Koraalstreekvoorsitter Annaline Geldenhuys (1ste was May Penning oorlede)

1ste VLU Noord President Retha Prinsloo

1ste Sekretaresse en Geldsakevoorsitter Ansie Prinsloo

2de Bosveldstreekvoorsitter Marieta Eckard (1ste was Retha Prinsloo)

1ste Organisasie Beoordelaarsameroepster Rita Berangé

2017-2018 Uitvoerende Bestuur

Organisasie Skakelbeampte Joan Beukes

Bosveldstreekvoorsitter Ria Strydom

VLU Noord President Leanda Le Cornu

Soetdoringstreekvoorsitter Lilian Weber

Koraalstreekvoorsitter Naomi Phillipson

Sekretaresse / Geldsakevoorsitter Ronelle Lindé

Organisasie Beoordelaarsameroepster Ina Kruger

© 2017 Copyright - VLU Noord