VLU Bosveldstreek Nuus 2024
VLU lede van Bosveldstreek was bedrywig die afgelope 2 weke. Hul het streekvergadering gehou en die jaar se beplanning en bedrywighede is bespreek. Ria Strydom het ook met die lede meer inligting gedeel oor kompetisie artikels vir 2024 – chelsea buns asook ‘n baie interessante kuns tegniek, ink en bleikmiddel.
Al die pragtige en heerlike kompetisie artikels wat in 2023 gemaak is deur Bosveldstreek se lede is ook beoordeel. Daar was gehekel, gebrei, gebak, geborduur, masjienwerk, lekkers, preservering, kuns en handvlyt artikels.
Lede sien uit na die Konferensie wat op 7 Maart plaas vind te Setaria.


VLU Noord
President: Leanda E Le Cornu
Sel: 082 895 8576
Sekretaresse: Naomi Phillipson
Kantoor nr: 082 484 7622
e-pos: admin@vlunoord.co.za
Kantoor adres: 141 Kroghstraat
Louis Trichardt, 0920
Kantoor ure
Maandag tot Donderdag
08:00 tot 13:00