VLU GEBED
(Vertaling: Dr FC O’B Geldenhuys)
Bewaar ons, O Here, van kleinlikheid: laat ons groot wees in gedagte, woord en daad.
Laat ons foutvindery vermy en waak teen alle selfverheerliking.
Mag ons alle skyn vermy en mekaar eerlik in die oë kyk, sonder selfbejammering en vooroordeel.
Mag ons traag wees om te oordeel en altyd grootmoedig.
Leer ons om ons beter neiginge eerlik en vreesloos in beoefening te bring.
Help ons om nie gejaagd te wees nie, om toe te neem in rustigheid,
waardigheid en sagsinnigheid.
Gee dat ons mag besef, dat dit die klein dingetjies is wat verdeel, dat ons in die groot dinge van die lewe een is.
Mag ons strewe om die groot, algemeen menslike hart te raak en te ken,
en O Here ons God, laat ons nooit nalaat om minsaam te wees nie.
Amen
Agtergrond van Mary Stewart Gebed
Mary Stewart is in 1879 gebore, opgelei in Georgetown Colorado en
het ʼn BA graad verwerf aan die Boulder Staatsuniversiteit. In 1927 is die eregraad M Litt aan haar toegeken.
Hierdie gebed is deur haar in 1904 geskryf, toe sy die prinsipale van ʼn hoërskool in Longmont, Colorado was. Daarna is sy aangestel as Superintendente van Indiëronderwys in die Staatsdepartement van Californië en het sy die gebed aan die Longmont Vrouevereniging, wat tweeweekliks vergader het, voorgelees.
Nadat sy in 1936 die driejaarlikse konferensie van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue (WBPV) in Washington bygewoon het, was sy beïndruk deur die feit dat vroue met sulke uiteenlopende belange kon saamwerk, en moontlik ʼn behoefte aan gebed gevoel het.
Tydens ʼn vergadering van die WBPV in 1937 het sy self die gebed aan die lede voorgelees en het die gebed sy weg gevind rondom al die lande waar die WBPV verteenwoordig is.
Mary Stewart is in 1943 oorlede, maar haar gebed leef voort in die harte van meer as agt miljoen vroue dwarsoor die wêreld.
Bron: Die Transvaalse Vroue Landbou Unie gedenkalbum 1925-1975
VLU Noord
President: Ria Strydom
Sel: 084 520 0120
Seketaresse: Elmaré Human
Kantoor nr: 083 759 5911
e-pos: admin@vlunoord.co.za
Faks: 086 616 2930
Kantoor adres: Plaas Ysterpan, Sentrum, Thabazimbi, 0380
Kantoor ure
9h00 tot 16h00, Maandag tot Donderdag