VLU NOORD – WELWILLENDHEIDSFONDS
Oorsprong van die Welwillendheidsfonds:
Die Welwillendheidsfonds is ’n integrale deel van die geskiedenis van die VLU. Na ontbondeling van die voormalige Transvaalse Vroue Landbou-Unie in 1995 ontvang VLU Noord ’n bruidskat. Die eerste Uitvoerende Bestuur van VLU Noord het besluit om ’n deel van die bruidskat te belê en die rente daarop aan te wend vir die begrote uitgawes van VLU Noord. Verder is besluit dat ’n deel van die rente-opbrengs jaarliks uitbetaal sal word aan ’n verdienstelike organisasie soos genomineer deur die takke.
Sluitingsdatum:
Nominasies moet by die streekvoorsitter ingehandig word, voor 31 Maart van elke jaar sodat die nominasie aan die president deurgegee kan word. Nominasies word aan VLU Noord se UB deurgegee sodat die UB sinvol aandag kan gee aan die nominasies.
Formaat van nominasies:
Onthou die skriftelike motivering is die basis waarop beoordeling plaasvind. Sorg dus dat jul soveel as moontlik inligting oor jul kandidaat instuur. Power Point, nominasies is ook aanvaarbaar en kan uiteindelik ook by Kongres aan die kongresgangers gewys word.
Die volgende punte sal in aanmerking geneem word met die toekenning van die
Welwillendheidsfonds:
Die instansie waarvoor daar aansoek gedoen word, moet Verruimend, Opvoedkundig en Opheffend van aard wees;
Die Persoon|Instansie moet ʼn wesenlike bydrae lewer aan die gemeenskap op die gebiede soos saamgevat in die VLU Noord studierigtings.
Geen laat nominasies sal aanvaar word nie.
U NOMINASIES WORD INGEWAG. STERKTE!!!!
VLU Noord
President: Ria Strydom
Sel: 084 520 0120
Seketaresse: Elmaré Human
Kantoor nr: 083 759 5911
e-pos: admin@vlunoord.co.za
Faks: 086 616 2930
Kantoor adres: Plaas Ysterpan, Sentrum, Thabazimbi, 0380
Kantoor ure
9h00 tot 16h00, Maandag tot Donderdag