VLU Noord het aan twee baie besonderse skole ʼn donasie van R5000.00 elk gemaak  vir die aankoop van toerusting vir die skole.

Pilarius is ʼn skool buite Vivo en Klub 21 in Potgietersrus.

Club 21 is ʼn skool vir downsindroom leerders. Club 21 is ʼn satellietskool van ʼn skool in Pretoria.
Wat beide hierdie skole so spesiaal maak, is dit bied die leerders die geleentheid om te ontwikkel en te groei vanuit die veiligheid van ʼn geliefde ouerhuis.

Alhoewel beide skole min leerders het, verteenwoordig elke leerder eindelik 4 leerders gemeet aan die tyd en aandag wat elke leerder benodig. Club 21 ondersteun Pilarius met leermateriaal vir downsindroom leerders.