Ontstaan van —skole:
Voor ontbondeling het die TVLU ʼn Herfs-, Winter, of Somerskool gehou na 1994 met die ontbondeling hou die 4 organisasies wat gebore is uit ontbondeling naamlik: Noord, Noordwes, Mpumalanga en Overvaal om die beurt ʼn …….skool, behalwe in die jaar waar daar SAVLU kongres is.

Wie gaan —-skole toe?
VLU-vriendinne oor hele SA en Namibië kan inskryf vir ʼn —skool, asook nie-VLU-lede.

Wat gebeur by ʼn —-Skool?
Daar word op grootskaal saam gekuier en gelag! Verskeie werksklasse word aangebied, demonstrasies en geleentheidsprekers word gereël. Hierdie skole is die plek waar ʼn vrou haar kruik kom vul om haar te dra deur die vinnige besige tye tuis. Nuwe vriendskappe word gesmee, wat bydrae tot die voort bestaan van ʼn wonderlike organisasie: VLU!

2019 Winterskool